[Audio] Uganda se streng teen-gay-wetgewing veroordeel

Stemme van veroordeling klink op uit verskeie oorde in die internasionale gemeenskap teen Uganda ná die teen-gay-wetgewing wat Dinsdag deur dié land se parlement gevoer is. Daarvolgens is dit verbode vir enige persoon om as LGBTQ+ te identifiseer. Selfdegeslagverhoudings is reeds nie wettig in hierdie land nie, maar die wet maak dit nou eksplisiet onwettig om so te identifiseer. Familie, vriende en gemeenskapslede moet boonop enige selfdegeslagverhouding waarvan hulle bewus word, by die owerheid aanmeld. Ons praat oor hierdie stand van sake in Uganda en meer as 30 ander Afrikalande, wat vas glo hulle moet tradisionele waardes en geloof beskerm. Gerbrandt van Heerden, adjunknavorsingshoof by die Centre for Risk Analysis, sluit by ons aan.

© Centre for Risk Analysis
Terms & Conditions | Privacy Policy
CMS Website by Juizi